Friendly Reminder *
Hiermee word elke lid en sy/haar geliefdes hartlik uitgenooi na ons Jaareindfunksie Saterdagaand, 23 November 2019. Kom met jou motorfiets in bike klere, of kortbroek en plakkies, ’n denim, – nes jy verkies. Dit gaan ’n baie informele aand wees by die Sunset Boma, Leopards & Lace. Ons gaan rondom ’n “bon fire” lekker eet en saamkuier en vir oulaas opvang met mekaar voordat ons almal uitmekaar spat vir die Desember vakansie.
Die kaartjies se kostes is soos volg:
Vir ’n op datum betaalde lid: R100,00 per persoon
Vir nie-lede of gaste: R200,00 per persoon
Kinders onder 12 jaar: R50,00 per kind
Die kaartjies is nou beskikbaar by Safari 4×4. Gaan koop asseblief jou kaartjie so gou as moontlik as jy kan? Ons moet getalle deurgee na die Spyseniers teen more aand, 19 November 2019.
Ons kan ongelukkig nie ons eie “cooler bags” of drank saamneem nie. Daar word wel voorsiening gemaak vir drankies en koeldrank by die funksie.
Bring asseblief jou hele familie saam. Oud en Jonk, almal is welkom. Daar is ook hope veilige speelplek vir kinders.
Vir enige navrae rondom die Jaareindfunksie, kontak my gerus.
Baie dankie
Vriendelike groete
Cornè Joseph
082 775 75 39
Location
Leopards and Lace, Bloemfontein
Comments --